
Free Daily Podcast Summary
by Netwerk24 Klankgolwe
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
The most recent episodes — sign up to get AI-powered summaries of each one.
In dié week se episode van Rapport Praat Sport deel ons toekennings uit: Die beste speler van die Greatest Rivalry-reeks, die beste voorspeler, agterspeler en die grootste oomblik. Ons kyk ook na wie onderpresteer het en sê wie vir ons die verrassingspakkie was. Wie was jou Speler van die Reeks? Laat weet ons by 076 878 1787 of per e-pos na briewe@rapport.co.za. Sport | Rapport
In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion! Hendrik Cronjé sê die reeks teen die All Blacks het juis soos ’n Wêreldbeker gevoel.En dan, op ’n ander noot, hoeveel maak die Baltimore-toets werklik saak? Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n vuurwarm en uiters mededingende Greatest Rivalry-reeks. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liewer moes doen. Ons kyk ook vorentoe na Saterdag se tweede toets. Hendrik Cronjé glo as die Bokke een of twee verstellings maak, kan hulle Saterdag in Kaapstad met 15 punte wen. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks. Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in. Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van Rapport Praat Sport. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer? Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl. Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe het professionaliteit in skolerugby die sport verander? Ons verwys ook na die oud-Affies-stut Deon Botes wat vir vier jaar geskors is weens die gebruik van ’n verbode middel. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus. Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies. * Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
AI-powered recaps with compact key takeaways, quotes, and insights.
Get key takeaways from Rapport Praat Sport in a 5-minute read.
Stay current on your favorite podcasts without falling behind.
It's a free AI-powered email that summarizes new episodes of Rapport Praat Sport as soon as they're published. You get the key takeaways, notable quotes, and links & mentions — all in a quick read.
When a new episode drops, our AI transcribes and analyzes it, then generates a personalized summary tailored to your interests and profession. It's delivered to your inbox every morning.
No. Podzilla is an independent service that summarizes publicly available podcast content. We're not affiliated with or endorsed by Netwerk24 Klankgolwe.
Absolutely! The free plan covers up to 3 podcasts. Upgrade to Pro for 15, or Premium for 50. Browse our full catalog at /podcasts.
Rapport Praat Sport publishes weekly. Our AI generates a summary within hours of each new episode.
Rapport Praat Sport covers topics including Sports, Rugby. Our AI identifies the specific themes in each episode and highlights what matters most to you.
Free forever for up to 3 podcasts. No credit card required.
Free forever for up to 3 podcasts. No credit card required.